Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES)
Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18787] So, 01 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dagse.

So dag of wat terug het ek gevra wat die doel van hierdie groep is. Ek voeg
toe by dat dit op die oog af lyk na 'n plek vir pretensieuse oor-en-weer
slegsery. Het dit hierin verval of was dit maar die idee van die begin af?

Ek kry toe die antwoord:

Ou Bees, dit was die doel van die begin af. Welkom ou Bees. Jy lyk of
jou kwalifikasies vir hierdie
nuusgroep uit die hoogste rakke is. Waarmee slyp jy jou tong? En jou
kloue?
Hardekool-piggy

Ja wat, ek voel welkom.

Ek het ook 'n antwoord gekry van OK (Oom Kaspaas) maar dit het nie veel
sin (vir my) gemaak nie. Jammer.

Nou ja, iets oor die Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaner(s), oftewel BEES.
Op die oomblik het ons, uhhh wel, een lid waarvan ek weet. (Gee kans,
dammit.) Ek vermoed egter daar is heelwat closet beeste, en ook ander beeste
wat lankal uit die closet is maar nog nie van BEES gehoor het nie.

Voordat sommige van julle nou op my rug spring met die "good riddance hamba
wena" argument - slat brieke aan. Ek dink dit kan interesant wees om sinvol
gedagtes te deel oor die motiverings, ervaringe, uitdagings en nadenke wat
saamgaan met landsverlating. Meeste mense, indien nie almal, dink tog
daaroor. Party bly, party gaan. (Selfs jy OK, ek wed jou twee sent jy het
dit al oorweeg...ek vermoed egter jou broek is te pap om te trap.)

'n Mens moet maar dink waaroor jy kan dink, en dan doen wat jy dink is
reg...

Tot later,

Bees
Ruimtevaarder : Planeet Aarde & Hoof Uitvoerende Beampte : BEES
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18819 is 'n antwoord op boodskap #18787] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Bees bulk:
> Voordat sommige van julle nou op my rug spring met die "good riddance hamba
> wena" argument - slat brieke aan. Ek dink dit kan interesant wees om sinvol
> gedagtes te deel oor die motiverings, ervaringe, uitdagings en nadenke wat
> saamgaan met landsverlating. Meeste mense, indien nie almal, dink tog
> daaroor. Party bly, party gaan. (Selfs jy OK, ek wed jou twee sent jy het
> dit al oorweeg...ek vermoed egter jou broek is te pap om te trap.)

Al ooit van die chicken run gehoor ou beesblaas?
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18820 is 'n antwoord op boodskap #18787] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Mon, 02 Nov 1998 20:13:48 +0200, lou had de
volgende te sê:
|Al ooit van die chicken run gehoor ou beesblaas?

Chicken run is argaies, man - dis ouens wat ge"run" het uit vrees om
en by 1994 met die verkiesing. Dit was 'n chicken run. Nou dink ek
die chicken cross maar net die road....
Groete!
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18821 is 'n antwoord op boodskap #18787] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
NuweSAner wrote:
>
> Op Mon, 02 Nov 1998 20:13:48 +0200, lou had de
> volgende te sê:
> |Al ooit van die chicken run gehoor ou beesblaas?
>
> Chicken run is argaies, man - dis ouens wat ge"run" het uit vrees om
> en by 1994 met die verkiesing. Dit was 'n chicken run. Nou dink ek
> die chicken cross maar net die road....
> Groete!

Nee swaer,

Die chickens hol nog steeds! Miskien om van Nando's weg te kom - maar
hol die hol hulle!
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18822 is 'n antwoord op boodskap #18787] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Sun, 1 Nov 1998 21:35:01 -0700, "Bees" had de
volgende te sê:
|
|Nou ja, iets oor die Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaner(s), oftewel BEES.
|Op die oomblik het ons, uhhh wel, een lid waarvan ek weet. (Gee kans,
|dammit.) Ek vermoed egter daar is heelwat closet beeste, en ook ander beeste
|wat lankal uit die closet is maar nog nie van BEES gehoor het nie.

Ek hou van BEES, veral die Eie-denkende deel daarvan, en die Bevryde
deel.
|
|Ek dink dit kan interesant wees om sinvol
|gedagtes te deel oor die motiverings, ervaringe, uitdagings en nadenke wat
|saamgaan met landsverlating.

Ek stem!

Ek dink patriotisme is 'n vlak konsep en kan maklik oorheers word deur
selfbehoud, maw as jou en jou gesin se voortbestaan, finasieel en
fisies, te veel bedryg word, is dit maklik om patriotisme, 'n vae
"gevoel" vir 'n land, eenkant te stoot.

Ek dink patriotisme is heel bo in Maslow se piramiede -
selfaktualisering. Jy gaan eers daaroor kan sterk voel as jy veilig
is.

Ek hoop jou bevryding is ook die bevryding van verkramptheid af: die
vryheid om maar te kan Engels praat as jy wil, na 'n ander kerk toe te
gaan as jy wil, anderskleurige vriende te hê net omdat jy graag met
hulle wil assosieer en nie omdat dit die nuwe in ding wir wittes is om
te doen nie. Die vryheid om cheap wyn by Checkers te koop en dit
netso te geniet soos die duurste uitvoerwyn wat jou oom vir jouuit die
Kaap gestuur het.

Maw die vryheid om net jouself te wees, met foute en met liefde en
warmte om jou medemens te respekteer, al is hy AWB of ANC...

Sjuu, moenie worry nie - ek is nie predikant nie - raak net nou en dan
weggevoer!
Groete!
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18873 is 'n antwoord op boodskap #18787] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

> Voordat sommige van julle nou op my rug spring met die "good riddance hamba
> wena" argument - slat brieke aan. Ek dink dit kan interesant wees om sinvol
> gedagtes te deel oor die motiverings, ervaringe, uitdagings en nadenke wat
> saamgaan met landsverlating. Meeste mense, indien nie almal, dink tog
> daaroor. Party bly, party gaan. (Selfs jy OK, ek wed jou twee sent jy het
> dit al oorweeg...ek vermoed egter jou broek is te pap om te trap.)
>
> 'n Mens moet maar dink waaroor jy kan dink, en dan doen wat jy dink is
> reg...
>
> Tot later,

Hi, Johan, jy kan nou maar uitkom.
Almal weet dis jy. 'n Tier se kolle
wys deur al die verf heen. Dis omdat
jy 'n by in jou kop het, en dit zzoem
zzoem daar rond.

Die tannie wat sien daar is 'n
sot in die woord Minnesota.
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18874 is 'n antwoord op boodskap #18787] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Tue, 03 Nov 1998 00:08:45 GMT, oos...@geocities.com had de
volgende te sê:
|>Ek dink patriotisme is 'n vlak konsep
|
|En mag ander mense maar van jou verskil wat dit betref? Want as dit so vlak
|is, het die hele idee van versoening (dus WVK en alles wat daarmee saamhang)
|weinig betekenis.

Natuurlik mag jy verskil! Watse versoening praat jy van? Ek sien
niks daarvan nie! Dis baie jammer, maar dis waar.

|>Ek dink patriotisme is heel bo in Maslow se piramiede -
|>selfaktualisering. Jy gaan eers daaroor kan sterk voel as jy veilig
|>is.
|
|En ek dink so: Die pop psychology wat jy hier predik is duidelik gegrond op 'n
|paar wanbegrippe van Maslow se werk - moontlik die gevolg van 'n oppervlakkige
|tweed-or derdehandse blootstelling aan sy idees.

Verskoon ons plebs maar. Ek het nie bedoel om in 'n redenasie in te
gaan met jou hogere vorm van kennis nie. Hou maar jou dieper en
hogere intieme insig in die sielkunde vir ander se ore - jou aannames
en snobisme sit bietjie dik in die keel.
|
|>Ek hoop jou bevryding is ook die bevryding van verkramptheid af: die
|>vryheid om maar te kan Engels praat as jy wil, na 'n ander kerk toe te
|>gaan as jy wil, anderskleurige vriende te hê net omdat jy graag met
|>hulle wil assosieer en nie omdat dit die nuwe in ding wir wittes is om
|>te doen nie. Die vryheid om cheap wyn by Checkers te koop en dit
|>netso te geniet soos die duurste uitvoerwyn wat jou oom vir jouuit die
|>Kaap gestuur het.
|
|En die vryheid om hierdie dinge nie te doen as jy nie wil nie?

Natuurlik! Val jy altyd almal so aan as hulle net iets probeer sê?
Wat is jou case? Is jy die nuusgroep se amptelike oposisie - no
matter what?!
|
|>Maw die vryheid om net jouself te wees, met foute en met liefde en
|>warmte om jou medemens te respekteer, al is hy AWB of ANC...
|
|Hmmm...... Wil jy dalk so 'n liefdevolle en warm respek op hierdie nuusgroep
|demonstreer? En dit oor 'n aanmerklike tydperk volhou?

Kom ons probeer dit almal saam doen - goeie idee, Leenderdt!
Ek hoef nie met jou saam te stem nie, maar ek respekteer jou vir die
geweldige kennis wat jy oor die sielkunde het......
|

Groete!
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18875 is 'n antwoord op boodskap #18787] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
NuweSAner wrote in message ...
> Op Sun, 1 Nov 1998 21:35:01 -0700, "Bees" had de
> volgende te sê:
> |
> |Nou ja, iets oor die Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaner(s), oftewel BEES.
> |Op die oomblik het ons, uhhh wel, een lid waarvan ek weet. (Gee kans,
> |dammit.) Ek vermoed egter daar is heelwat closet beeste, en ook ander beeste
> |wat lankal uit die closet is maar nog nie van BEES gehoor het nie.
>
> Ek hou van BEES, veral die Eie-denkende deel daarvan, en die Bevryde
> deel.
> |
> |Ek dink dit kan interesant wees om sinvol
> |gedagtes te deel oor die motiverings, ervaringe, uitdagings en nadenke wat
> |saamgaan met landsverlating.
>
> Ek stem!
>
> Ek dink patriotisme is 'n vlak konsep

En mag ander mense maar van jou verskil wat dit betref? Want as dit so vlak
is, het die hele idee van versoening (dus WVK en alles wat daarmee saamhang)
weinig betekenis.

> en kan maklik oorheers word deur
> selfbehoud, maw as jou en jou gesin se voortbestaan, finasieel en
> fisies, te veel bedryg word, is dit maklik om patriotisme, 'n vae
> "gevoel" vir 'n land, eenkant te stoot.
>
> Ek dink patriotisme is heel bo in Maslow se piramiede -
> selfaktualisering. Jy gaan eers daaroor kan sterk voel as jy veilig
> is.

En ek dink so: Die pop psychology wat jy hier predik is duidelik gegrond op 'n
paar wanbegrippe van Maslow se werk - moontlik die gevolg van 'n oppervlakkige
tweed-or derdehandse blootstelling aan sy idees.

> Ek hoop jou bevryding is ook die bevryding van verkramptheid af: die
> vryheid om maar te kan Engels praat as jy wil, na 'n ander kerk toe te
> gaan as jy wil, anderskleurige vriende te hê net omdat jy graag met
> hulle wil assosieer en nie omdat dit die nuwe in ding wir wittes is om
> te doen nie. Die vryheid om cheap wyn by Checkers te koop en dit
> netso te geniet soos die duurste uitvoerwyn wat jou oom vir jouuit die
> Kaap gestuur het.

En die vryheid om hierdie dinge nie te doen as jy nie wil nie?

>
> Maw die vryheid om net jouself te wees, met foute en met liefde en
> warmte om jou medemens te respekteer, al is hy AWB of ANC...

Hmmm...... Wil jy dalk so 'n liefdevolle en warm respek op hierdie nuusgroep
demonstreer? En dit oor 'n aanmerklike tydperk volhou?

So 'n demonstrasie sou baie oortuigingskrag hê.

Groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18876 is 'n antwoord op boodskap #18787] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
none wrote:
> Bees bulk:
>> Voordat sommige van julle nou op my rug spring met die "good riddance hamba
>> wena" argument - slat brieke aan. Ek dink dit kan interesant wees om sinvol
>> gedagtes te deel oor die motiverings, ervaringe, uitdagings en nadenke wat
>> saamgaan met landsverlating. Meeste mense, indien nie almal, dink tog
>> daaroor. Party bly, party gaan. (Selfs jy OK, ek wed jou twee sent jy het
>> dit al oorweeg...ek vermoed egter jou broek is te pap om te trap.)
>
> Al ooit van die chicken run gehoor ou beesblaas?
>

Janee - het jy geweet dat sommige mense dink 'n volstruis is maar net 'n
groot hoender? En ek nem al jy het al die legende gehoor van volstruise wat
hul koppe in gate druk en dan dink hulle dat omdat hulle nie iets kan sien
nie is die res van die wêreld ook stupid?

In werklikheid is die groot verskil tussen die hoenders an die volstruis meer
as net geneties. Die hoender maak dat hy wegkom ter wille van selfbehoud. ens
sodat hy 'n ander dag weer kan eiers lê. Die volstruis staan maar sodat hulle
sy vere kan uitpluk, sy eiers gesteel kan word, en as die boer so voel geslag
kan word. Dit lyk vir my nogal asof die hoedertjie effe beter af is as die
kortsigtige volstruis hoewel die volstruis die oomblik wat hy sy kop uit sy
gat trek neersien op die hoender, en somtyds met sy kop daar binne in sy gat
nog steeds probeer neersien op die hoender.

Ag foeitog.

-Gideon.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18877 is 'n antwoord op boodskap #18787] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
NuweSAner wrote in message ...
> Op Tue, 03 Nov 1998 00:08:45 GMT, oos...@geocities.com had de
> volgende te sê:
> |>Ek dink patriotisme is 'n vlak konsep
> |
> |En mag ander mense maar van jou verskil wat dit betref? Want as dit so vlak
> |is, het die hele idee van versoening (dus WVK en alles wat daarmee saamhang)
> |weinig betekenis.
>
> Natuurlik mag jy verskil! Watse versoening praat jy van? Ek sien
> niks daarvan nie! Dis baie jammer, maar dis waar.

Ek het nie beweer dat daar versoening _is_ nie (daar is weinig, indien enige).
Ek het daarop gewys dat die idee van versoening geen betekenis het as
patriotisme 'n "vlak" begrip is nie.

>
> |>Ek dink patriotisme is heel bo in Maslow se piramiede -
> |>selfaktualisering. Jy gaan eers daaroor kan sterk voel as jy veilig
> |>is.
> |
> |En ek dink so: Die pop psychology wat jy hier predik is duidelik gegrond op 'n
> |paar wanbegrippe van Maslow se werk - moontlik die gevolg van 'n oppervlakkige
> |tweed-or derdehandse blootstelling aan sy idees.
>
> Verskoon ons plebs maar. Ek het nie bedoel om in 'n redenasie in te
> gaan met jou hogere vorm van kennis nie. Hou maar jou dieper en
> hogere intieme insig in die sielkunde vir ander se ore

Wag 'n bietjie! Jy vlieg hier in met _sielkundige_ uitsprake oor patriotisme.
Jy verantwoord dit aan die hand van Maslow. Ek wys jou daarop dat Maslow iets
ander skryf het as wat jy hier voorhou.

Maar jy wil (heel letterlik) nie luister daarna nie.

Dit kan my geen snars veel of jy belangstel in wat ek te sê het nie. Maar jy
sal dit miskien interessant vind om jou bydraes oor die afgelope week te gaan
lees. Veral daardie waarin jy die deelnemers op hierdie nuusgroep gesel met
vermaninge oor hul onverdraagsaamheid!

> - jou aannames
> en snobisme sit bietjie dik in die keel.

Watter annames maak ek hierbo?

> |
> |>Ek hoop jou bevryding is ook die bevryding van verkramptheid af: die
> |>vryheid om maar te kan Engels praat as jy wil, na 'n ander kerk toe te
> |>gaan as jy wil, anderskleurige vriende te hê net omdat jy graag met
> |>hulle wil assosieer en nie omdat dit die nuwe in ding wir wittes is om
> |>te doen nie. Die vryheid om cheap wyn by Checkers te koop en dit
> |>netso te geniet soos die duurste uitvoerwyn wat jou oom vir jouuit die
> |>Kaap gestuur het.
> |
> |En die vryheid om hierdie dinge nie te doen as jy nie wil nie?
>
> Natuurlik! Val jy altyd almal so aan as hulle net iets probeer sê?
> Wat is jou case? Is jy die nuusgroep se amptelike oposisie - no
> matter what?!

Nee, ek het maar net gewonder hoe die mooi dinge wat jy hier sê, pas by die
feit dat jy elders mense vir monsters uitskel omdat hulle 'n ander soort
opvoeding gekry het as wat jy vir hulle sou gegee het.

> |
> |>Maw die vryheid om net jouself te wees, met foute en met liefde en
> |>warmte om jou medemens te respekteer, al is hy AWB of ANC...
> |
> |Hmmm...... Wil jy dalk so 'n liefdevolle en warm respek op hierdie nuusgroep
> |demonstreer? En dit oor 'n aanmerklike tydperk volhou?
>
> Kom ons probeer dit almal saam doen - goeie idee, Leenderdt!
> Ek hoef nie met jou saam te stem nie, maar ek respekteer jou vir die
> geweldige kennis wat jy oor die sielkunde het......

Ek - of jy - het nie nodig om enige kennis van die sielkunde te hê om te gaan
lees wat Maslow werklik oor motivering geskryf het nie. Dis in 'n heel
populêre register geskryf.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18910 is 'n antwoord op boodskap #18787] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Nov 1998 16:27:19 GMT, wrote:

|"Bees" writes:
|
|> Voordat sommige van julle nou op my rug spring met die "good riddance hamba
|> wena" argument - slat brieke aan. Ek dink dit kan interesant wees om sinvol
|> gedagtes te deel oor die motiverings, ervaringe, uitdagings en nadenke wat
|> saamgaan met landsverlating. Meeste mense, indien nie almal, dink tog
|> daaroor. Party bly, party gaan. (Selfs jy OK, ek wed jou twee sent jy het
|> dit al oorweeg...ek vermoed egter jou broek is te pap om te trap.)
|>
|> 'n Mens moet maar dink waaroor jy kan dink, en dan doen wat jy dink is
|> reg...
|>
|> Tot later,
|
|
| Hi, Johan, jy kan nou maar uitkom.
| Almal weet dis jy. 'n Tier se kolle
| wys deur al die verf heen. Dis omdat
| jy 'n by in jou kop het, en dit zzoem
| zzoem daar rond.
|
| Die tannie wat sien daar is 'n
| sot in die woord Minnesota.

Ek dink jy kyk in die spieël, ou tante! Ik ben geen BEES! Maar ek
stem tog saam met sekere dinge wt hy sê....

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18913 is 'n antwoord op boodskap #18787] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net wrote:
>
> In article ,
> none wrote:
>> Bees bulk:
>>> Voordat sommige van julle nou op my rug spring met die "good riddance hamba
>>> wena" argument - slat brieke aan. Ek dink dit kan interesant wees om sinvol
>>> gedagtes te deel oor die motiverings, ervaringe, uitdagings en nadenke wat
>>> saamgaan met landsverlating. Meeste mense, indien nie almal, dink tog
>>> daaroor. Party bly, party gaan. (Selfs jy OK, ek wed jou twee sent jy het
>>> dit al oorweeg...ek vermoed egter jou broek is te pap om te trap.)
>>
>> Al ooit van die chicken run gehoor ou beesblaas?
>>
>
> Janee - het jy geweet dat sommige mense dink 'n volstruis is maar net ´n
> groot hoender? En ek nem al jy het al die legende gehoor van volstruise wat
> hul koppe in gate druk en dan dink hulle dat omdat hulle nie iets kan sien
> nie is die res van die wêreld ook stupid?
>
> In werklikheid is die groot verskil tussen die hoenders an die volstruis meer
> as net geneties. Die hoender maak dat hy wegkom ter wille van selfbehoud. ens
> sodat hy 'n ander dag weer kan eiers lê. Die volstruis staan maar sodat hulle
> sy vere kan uitpluk, sy eiers gesteel kan word, en as die boer so voel geslag
> kan word. Dit lyk vir my nogal asof die hoedertjie effe beter af is as die
> kortsigtige volstruis hoewel die volstruis die oomblik wat hy sy kop uit sy
> gat trek neersien op die hoender, en somtyds met sy kop daar binne in sy gat
> nog steeds probeer neersien op die hoender.
>
> Ag foeitog.
>
> -Gideon.
>

Ja Gideon. Al ooit 'n volstruis sy kop in die sand sien druk? Het jy
geweet sommige mense dink dat 'n volstruis rerig sy kop in die grond ruk
as hy bedreig voel? Dink jy daar sou nog volstruise oor gewees het as
hulle dit wel gedoen het? Wys jou net - moenie alles wat jou vertel word
glo nie. Maar dan as jy 'n hoender loslaat waar daar wilde diere is, dan
sal hy gou gou opgevreet word. Nie so die volstruis nie.

Jy ken die storie van Chicken Little - 'The sky is falling!'. En
sodoende het sy die hele plaaswerf op hol gejaag. Dit alles oor 'n
enkele akker wat op haar kop geval het.

Maar die ding wat my elke keer laat reageer is die ininuasie soos wat jy
ook maak dat omdat jy gegaan het is ek stupit omdat ek gebly het. Dis
jou keuse - maar as oom Neels reken dat die ouens wat gegaan het nie
patrioties is nie, dan is hy mos reg? As ek ooit my goedjies pak en gaan
dan sal dit wees om nie weer permanent terug te kom nie. Want as jy so
met een voet in twee werelde staan sal jy ooit rerig in enige een
tuishoort nie.

Cheers
Lou

Beroemde aanhaling: Henri - Afrika is nie vir sissies nie.
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18914 is 'n antwoord op boodskap #18787] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Tue, 03 Nov 1998 22:48:37 GMT, oos...@geocities.com had de
volgende te sê:
|>|>Ek dink patriotisme is heel bo IN Maslow se piramiede -
|>|>selfaktualisering. Jy gaan eers daaroor kan sterk voel as jy veilig
|>|>is.
|>|
|>|En ek dink so: Die pop psychology wat jy hier predik is duidelik gegrond op 'n
|>|paar wanbegrippe van Maslow se werk - moontlik die gevolg van 'n oppervlakkige
|>|tweed-or derdehandse blootstelling aan sy idees.
|>
Het jy al gedink daaraan dat ander mense Maslow anders kan verstaan as
wat jy doen? Is jy werklik so alwetend as dit by die sielkunde kom?

OK, kom ek speel dan die redenasie op jou reels: Ons gooi Maslow
heeltemaal uit en ek sê vir jou wat ek wil sê:
Ek dink nie patriotisme is 'n baie groot oorweging by iemand wat nie
veilig voel nie (beide fisies en finansieel).
Groete!
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18915 is 'n antwoord op boodskap #18787] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
NuweSAner wrote in message ...

> Het jy al gedink daaraan dat ander mense Maslow anders kan verstaan as
> wat jy doen? Is jy werklik so alwetend as dit by die sielkunde kom?

Ek het geen aansprake gemaak oor die sielkunde nie. Slegs oor die inhoud van
Maslow se werk oor motivering. 'n Werk wat ek gelees het, op grond waarvan ek
vermoed dat jy dit miskien nie gelees het nie.

As jy jou wil versondig met die sielkunde, is dit jou saak.

>
> OK, kom ek speel dan die redenasie op jou reels: Ons gooi Maslow
> heeltemaal uit en ek sê vir jou wat ek wil sê:
> Ek dink nie patriotisme is 'n baie groot oorweging by iemand wat nie
> veilig voel nie (beide fisies en finansieel).

Goed: Verklaar dan verskynsels soos die volgende:

Kamakaze-vlieëniers; Islamitiese selfmoordbomplanters; vegtervlieëniers in die
Battle of Brittain, die ledetal van vrywilligerregimente soos die recces,
parabats, ens.

En jy is welkom om te vertel wat Maslow se standpunt oor sulke situasies is
(hy spreek dit wel aan).

Groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18916 is 'n antwoord op boodskap #18787] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Tue, 03 Nov 1998 22:48:37 GMT, oos...@geocities.com had de
volgende te sê:

|>|En mag ander mense maar van jou verskil wat dit betref? Want as dit so vlak
|>|is, het die hele idee van versoening (dus WVK en alles wat daarmee saamhang)
|>|weinig betekenis.
|>
|Ek het nie beweer dat daar versoening _is_ nie (daar is weinig, indien enige).
|Ek het daarop gewys dat die idee van versoening geen betekenis het as
|patriotisme 'n "vlak" begrip is nie.
|
Lees maar self jou twee voorafgaande aanhalings....
|>
|>|En ek dink so: Die pop psychology wat jy hier predik....
|>
|Ek - of jy - het nie nodig om enige kennis van die sielkunde te hê om te gaan
|lees wat Maslow werklik oor motivering geskryf het nie. Dis in 'n heel
|populêre register geskryf.
|
So is Maslow se werk nou vir eenvoudige mense bedoel of nie? Jy
weerspreek jouself so baie, dat dit werklik moeilik is om sinvol met
jou te kommunikeer, Leendert. Dis met ander woorde nie ek wat al my
plasings weer moet lees nie, maar jy wat dit weer moet lees sodat jy
perspektief kan kry. Ek gebruik Free Agent as nuusleser en het elke
thread se boodskappe baie mooi bymekaar en nogal boonop mooi ge indent
- so ek kan elke thread baie mooi in volgorde volg.

Jy kan gerus die selfde probeer sodat jy meer die konteks van elke
persoon se antwoord en plasing kan agterkom.
Groete!
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18917 is 'n antwoord op boodskap #18787] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
NuweSAner wrote in message ...

> So is Maslow se werk nou vir eenvoudige mense bedoel of nie?

Wel, die wat ek gelees het, kon ek darem verstaan.

> Jy
> weerspreek jouself so baie, dat dit werklik moeilik is om sinvol met
> jou te kommunikeer, Leendert. Dis met ander woorde nie ek wat al my
> plasings weer moet lees nie, maar jy wat dit weer moet lees sodat jy
> perspektief kan kry. Ek gebruik Free Agent as nuusleser en het elke
> thread se boodskappe baie mooi bymekaar en nogal boonop mooi ge indent
> - so ek kan elke thread baie mooi in volgorde volg.
>
> Jy kan gerus die selfde probeer sodat jy meer die konteks van elke
> persoon se antwoord en plasing kan agterkom.

Dejanews doen dieselfde - en nog 'n paar ander nuttige dinge.

Groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18918 is 'n antwoord op boodskap #18787] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
none wrote:
> gide...@usa.net wrote:
>>
>>> Al ooit van die chicken run gehoor ou beesblaas?
>>>
>> Janee - het jy geweet dat sommige mense dink 'n volstruis is maar net 'n
>> groot hoender? En ek nem al jy het al die legende gehoor van volstruise wat
>> hul koppe in gate druk en dan dink hulle dat omdat hulle nie iets kan sien
>> nie is die res van die wêreld ook stupid?
>
> Ja Gideon. Al ooit 'n volstruis sy kop in die sand sien druk? Het jy
> geweet sommige mense dink dat 'n volstruis rerig sy kop in die grond ruk
> as hy bedreig voel? Dink jy daar sou nog volstruise oor gewees het as
> hulle dit wel gedoen het? Wys jou net - moenie alles wat jou vertel word
> glo nie. Maar dan as jy 'n hoender loslaat waar daar wilde diere is, dan
> sal hy gou gou opgevreet word. Nie so die volstruis nie.
>
Hehehe :) Jy sal opmerk dat ek dit 'n legende genoem het. Ek ken volstruise -
goed. Ek slaan maar net die balle terug wat jy slaan. Die legende van die
volstruis is net so vals soos die legende van die "chicken run".

> Jy ken die storie van Chicken Little - 'The sky is falling!'. En
> sodoende het sy die hele plaaswerf op hol gejaag. Dit alles oor 'n
> enkele akker wat op haar kop geval het.
>

> Maar die ding wat my elke keer laat reageer is die ininuasie soos wat jy
> ook maak dat omdat jy gegaan het is ek stupit omdat ek gebly het. Dis
> jou keuse - maar as oom Neels reken dat die ouens wat gegaan het nie
> patrioties is nie, dan is hy mos reg? As ek ooit my goedjies pak en gaan
> dan sal dit wees om nie weer permanent terug te kom nie. Want as jy so
> met een voet in twee werelde staan sal jy ooit rerig in enige een
> tuishoort nie.
>

En die ding wat my laat reageer is die feit dat jy telkemale verwys na mense
wat die land verlaat in 'n negatiewe lig, en jou "patriotisme" in neonkleure
op jou t-hemp probeer uitbasuin. As jy effe terugkyk in die argiewe sal jy 'n
thread sien waarin ek mense probeer aanmoedig het om hul werklike gevoelens
te probeer weergee oor bly of ry of het-reeds-gery. Daar het sinvolle dinge
uitgekom. Soos jy sê is dit nie maklik om 'n vreemdeling in 'n vreemde land
te wees nie, nogtans is dit seker maar die geskiedenis van die Afrikaner. As
jy nie weer terugkom nie, watse verskil gaan dit maak? As ek kies on nie weer
terug te kom nie, maak dit van my 'n slegte mens? In die nuwe "Global
Village", hoe relevant is patriotisme in elk geval? In die lig van
byvoorbeeld die Nazi's se belewenis van patriotisme, hoe gesond dink jy is 'n
"Deutchland, Deutschland uber alles" of miskien moet ek 'n "Ons sal lewe, ons
sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika" konsep?

Ek het absoluut geen probleem met mense wat bly of ry nie. Ek het wel probleme
met mense wat die "ander" probeer slegsê oor hul besluite.

As jy 'n mokerhou slaan, verwag dat hy gaan terugkom met so 'n bietjie spin
op.

> Cheers
> Lou
>
> Beroemde aanhaling: Henri - Afrika is nie vir sissies nie.
>
Weereens - die een se bang is die ander se wysheid.

Groete uit die Laaglande

-Gideon-

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18958 is 'n antwoord op boodskap #18787] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mera...  is tans af-lyn  mera...
Boodskappe: 16
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
gide...@usa.net wrote:
> In article ,
> none wrote:
>> Bees bulk:
>>> Voordat sommige van julle nou op my rug spring met die "good riddance
> hamba



> gat trek neersien op die hoender, en somtyds met sy kop daar binne in sy gat
> nog steeds probeer neersien op die hoender.
>
> Ag foeitog.
>
> -Gideon.

Nogal heel korrek gestel.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18959 is 'n antwoord op boodskap #18787] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net wrote:
>
> In article ,
> none wrote:
>> gide...@usa.net wrote:
>>>
>
>> Maar die ding wat my elke keer laat reageer is die ininuasie soos wat jy
>> ook maak dat omdat jy gegaan het is ek stupit omdat ek gebly het. Dis
>> jou keuse - maar as oom Neels reken dat die ouens wat gegaan het nie
>> patrioties is nie, dan is hy mos reg? As ek ooit my goedjies pak en gaan
>> dan sal dit wees om nie weer permanent terug te kom nie. Want as jy so
>> met een voet in twee werelde staan sal jy ooit rerig in enige een
>> tuishoort nie.
>>
>
> En die ding wat my laat reageer is die feit dat jy telkemale verwys na mense
> wat die land verlaat in 'n negatiewe lig, en jou "patriotisme" in neonkleure
> op jou t-hemp probeer uitbasuin.

En waar het ek dit gesê? (Jou ander naam is nie dalk Ferdi nie?) Ek is
vir die reg van mense om die land te verlaat. Maar ek is egter gatvol
as mense dan aan die ander wal sit en hulle monde uitspoel oor die wat
gebly het. So speel die bal man - speel die bal.

> As jy effe terugkyk in die argiewe sal jy 'n
> thread sien waarin ek mense probeer aanmoedig het om hul werklike gevoelens
> te probeer weergee oor bly of ry of het-reeds-gery. Daar het sinvolle dinge
> uitgekom.

En as jy terugkyk in die argiewe sal jy sien ek het nog nooit verwys na
mense wat die land verlaat het in 'n negatiewe lig nie. Ek het wel
gereageer wanner iemand probeer insinueer dat ek stupit of pabroekig is
om te waai.

> Soos jy sê is dit nie maklik om 'n vreemdeling in 'n vreemde land
> te wees nie, nogtans is dit seker maar die geskiedenis van die Afrikaner. As
> jy nie weer terugkom nie, watse verskil gaan dit maak? As ek kies on nie weer
> terug te kom nie, maak dit van my 'n slegte mens? In die nuwe "Global
> Village", hoe relevant is patriotisme in elk geval? In die lig van
> byvoorbeeld die Nazi's se belewenis van patriotisme, hoe gesond dink jy is 'n
> "Deutchland, Deutschland uber alles" of miskien moet ek 'n "Ons sal lewe, ons
> sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika" konsep?

Maar dan is Mandela mos reg as hy sê die mense wat waai toon geen
patriotisme nie. Dis mos die waarheid? Hoeveel patriotisme ek en die res
van SA oor het is natuurlik 'n ope vraag.

>
> Ek het absoluut geen probleem met mense wat bly of ry nie. Ek het wel probleme
> met mense wat die "ander" probeer slegsê oor hul besluite.

Akoord. Hoera ons stem saam. Laat ek jou net herhinner wat die hele ding
begin het - Ou beesblaas het gesê en ek haal aan:

> = Meeste mense, indien nie almal, dink tog
> = daaroor. Party bly, party gaan. (Selfs jy OK, ek wed jou twee sent jy het
> = dit al oorweeg...ek vermoed egter jou broek is te pap om te trap.)

So verstaan jy nou my Chicken run quip of moet ek dit vir jou spel? Hy
het op my tone getrap toe trap ek terug. Jammer as jou tone in diesefde
plek as syne is. Maar as jy voetjie voetjie speel... :)

>
> As jy 'n mokerhou slaan, verwag dat hy gaan terugkom met so 'n bietjie spin
> op.

Onthou net as ek afslaan - dan moet jy dieselfde bal terug slaan. Nie
een wat jy hier agter jou rug uithaal nie.En as ek 'n ander ou se bal
terugslaan en jy besluit om dit te field en terug te slaan dan moet jy
seker wees aan wie se kant jy is.
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #18995 is 'n antwoord op boodskap #18787] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
midde@in.afrika (NuweSAner) writes:

> |Nou ja, iets oor die Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaner(s), oftewel BEES.
> |Op die oomblik het ons, uhhh wel, een lid waarvan ek weet. (Gee kans,
> |dammit.) Ek vermoed egter daar is heelwat closet beeste, en ook ander beeste
> |wat lankal uit die closet is maar nog nie van BEES gehoor het nie.
>
> Ek hou van BEES, veral die Eie-denkende deel daarvan, en die Bevryde

Johan, dis so boring as jy met jouself
praat. Almal weet julle twee "karakters"
is dieselfde sot in Minnesota. Hoe weet
ek dit: - omdat jou Afrikaans dieselfde
spore van effens slordig, effens nie te
goed in die skool geluister nie-tekens
toon.

Die tannie met die kristalbal.
Re: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES) [boodskap #19104 is 'n antwoord op boodskap #18787] Di, 10 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Nov 1998 03:08:23 GMT, wrote:

|midde@in.afrika (NuweSAner) writes:
|
|> |Nou ja, iets oor die Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaner(s), oftewel BEES.
|> |Op die oomblik het ons, uhhh wel, een lid waarvan ek weet. (Gee kans,
|> |dammit.) Ek vermoed egter daar is heelwat closet beeste, en ook ander beeste
|> |wat lankal uit die closet is maar nog nie van BEES gehoor het nie.
|>
|> Ek hou van BEES, veral die Eie-denkende deel daarvan, en die Bevryde
|
|
| Johan, dis so boring as jy met jouself
| praat. Almal weet julle twee "karakters"
| is dieselfde sot in Minnesota. Hoe weet
| ek dit: - omdat jou Afrikaans dieselfde
| spore van effens slordig, effens nie te
| goed in die skool geluister nie-tekens
| toon.
|
| Die tannie met die kristalbal.

Jou kennis van mense bleik so swak te wees as jou kennis van die taal
en die wereld om jou. (Dis nie 'n kristalbal nie - dis die maan. En
hou op om vir hom te sit en tjank - dit word nou snags koud en jy sal
jouself siek maak.)

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: Doel van die nuusgroep
Volgende onderwerp: leeuwen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 04:33:44 MGT 2024