Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 6 April 1652
6 April 1652 [boodskap #13733] Do, 02 April 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Daar is seker nie een Afrikaner wat nie
op 6 April dink aan die betekenis van daardie
datum in die geskiedenis van Suidelike Afrika
nie. Meeste mense van Afrikaner-oorsprong
neem daardie datum as die oorsprong van hul
Afrikanerskap - hulle ontworteling van die
Europese vasteland en hulle planting op die
pragtige suidpunt van Afrika, waar hulle vir
ewig gevul is met verlange na 'n sekere berg
of vallei of vlakte wat hulle kinderdae omskryf.
Selfs al het hulle voorvaders baie later na Suid-
Afrika verhuis, het hulle grootgeword met die
stories van Jan van Riebeeck en Wolraad
Woltemade, van die Vryburgers en van die
togte die binneland in.
Hulle was natuurlik nooit vertel van die
geskiedenis van die stamme van die Khoi en die
San wat hulle sistematies verplaas het nie. Dis
daarom dat die Afrikaner vandag moet simpatiek
wees wanneer daar duidelik woede nog is oor die
eeue lange verdrukking wat daar in suidelike Afrika
plaasgevind het. Maar as die Afrikaner kies om
vandag 'n meningsvolle rol in Afrika te speel en sy
kennis en vitaliteit tot diens van die hele bevolking
in Suid-Afrika te stel, dan is ek seker dat hulle
gekoester sal word as 'n belangrike komponent van
die nuwe nasie wat daar in SA besig is om te groei.
Die daarstelling van die verversings-stasie aan die
Kaap van Goeie Hoop het natuurlik ook ander gevolge
gehad. Die Maleise slawe wat deur die Hollanders na
die Kaap gebring is, het 'n nuwe en vitale komponent
geword van die bevolking aan die suidpunt van Afrika.
Hulle het die Mohammedaanse godsdiens aan die Kaap
laat wortel skiet. Hulle kookkuns het die eetgewoontes
van Afrikaners beinvloed. Hulle gewoonte om die
geskiedenis van die streek in sang vas te lê, het vir SA
'n skat van volksliedjies gegee wat elke Afrikaner se
hart warmmaak. Laat ons dus, wanneer ons die datum
6 April herdenk, ook dink aan daardie �vreemdelinge�
wat van oor die see gekom het na die Kaap, en hulle rol
in die saamstelling van die bevolking van die huidige SA.

Gloudina Bouwer
Re: 6 April 1652 [boodskap #13786 is 'n antwoord op boodskap #13733] Ma, 06 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
f...  is tans af-lyn  f...
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article writes:
> Subject: 6 April 1652

> Daar is seker nie een Afrikaner wat nie
> op 6 April dink aan die betekenis van daardie
> datum in die geskiedenis van Suidelike Afrika
> nie. Meeste mense van Afrikaner-oorsprong
> neem daardie datum as die oorsprong van hul
> Afrikanerskap -

Lang, SINVOLLE boodskap geknip

> Laat ons dus, wanneer ons die datum
> 6 April herdenk, ook dink aan daardie �vreemdelinge�
> wat van oor die see gekom het na die Kaap, en hulle rol
> in die saamstelling van die bevolking van die huidige SA.

> Gloudina Bouwer

Haai Gloudina, en daar wys jy ons jy kan as jy wil!
Wil jy nie meer van jou pos op hierdie trant skryf nie?

Groete
Christo
Vorige onderwerp: Springbok embleem & SARVU ondersoek
Volgende onderwerp: Lewendige radio uitsending in Afrikaans.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 03:26:19 MGT 2024