Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Katalaans
Katalaans [boodskap #145218] Sa, 11 Mei 2024 08:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19225
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Katalaans
Afbreking: Ka•ta•laans
Samestelling: Katalaan + -s
Uitspraak: /kɑtɑˈlɑːns/, /kɑtɑˈlɑ̃ːs/, /kɑtəˈlɑːns/, /kɑtəˈlɑ̃ːs/


Byvoeglike naamwoord: Katalaans
Attributief: Katalaanse

Betekenis:
• Wat op Katalonië ('n streek in Spanje) of die Katalaanse mense betrekking het.

Gebruik:
• Hy gaan met 'n Katalaanse meisie uit.

Sinoniem:
• Katalonies

Vertaling:
Engels: Catalan
Nederlands: Catalaans


Selfstandige naamwoord: Katalaans
Meervoud:

Betekenis:
• Die taal van Katalonië. 'n Romaanse taal wat deur meer as 10 miljoen mense in Spanje gepraat word.

Gebruik:
• Ek kan nie Katalaans praat nie.

Sinoniem:
• Katalonies

Verwant:
• Katalaan
• Katalonië

Vertaling:
Engels: Catalan
Nederlands: Catalaans

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bloemistewinkel
Volgende onderwerp: bourommel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 10:59:37 MGT 2024