Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » insink
insink [boodskap #142978] Sa, 26 Augustus 2023 10:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18974
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
insink
Afbreking: in•sink
Samestelling: in + sink


Werkwoord: sink in, insink
Verlede tyd: het ingesink

Betekenis:
• Om in iets ander in te sak/sink.
• (figuurlik) Om kleiner te word, te verswak, of agteruit te gaan.

Gebruik:
• Die hond sink sy tande in die dief se been in. Jy sal insink as jy op dryfsand loop.
• Die man het in 'n koma ingesink. My moed sink sommer in my skoene as ek aan die eksamen dink.

Sinoniem:
• afsak
• insak
• wegsak
• wegsink

Afgelei:
• insinkbaar
• insinking

Vertaling:
Engels: to sink in; to fall, subside
Nederlands: inzinken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: asterisk
Volgende onderwerp: voeg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:44:17 MGT 2024