Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » turksvy
turksvy [boodskap #131195] Wo, 06 Mei 2020 08:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18977
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die turksvy.
Die turksvy.
turksvy
Afbreking: turks•vy
Uitspraak: /ˈtœrksfəɪ̯/, /tœrksˈfəɪ̯/


Selfstandige naamwoord: turksvy
Meervoud: turksvye
Verkleinwoord: turksvytjie
Meervoud van verkleining: turksvytjies

Betekenis:
• Die kaktus Opuntia megacantha of een van die geurige pitvrugte wat dit dra.
• (figuurlik) 'n Netelige saak; lastige probleem.

Gebruik:
• Die turksvy is van Suid-Amerika na Suid-Afrika gebring, en word oor die algemeen as 'n ernstige pes en bedreiging beskou.
• Hoe gaan ons hierdie turksvy hanteer?

Wisselvorm:
• turksvyg

Afgelei:
• turksvyblaar
• turksvyblad
• turksvyboom
• turksvybos
• turksvyvlieg

Vertaling:
Engels: prickly pear, tricky problem
Nederlands: cactusvijg; netelige zaak
Venda: muḓoro

Nota:
• Klankverspringing (metatesis) vind soms plaas: "turksvy" word "truksvy".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sampioen
Volgende onderwerp: dwangarbeid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 10:04:00 MGT 2024