Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rym
rym [boodskap #128280] Sa, 09 November 2019 07:15
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19117
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rym
Afbreking: rym
Uitspraak: /rəi̯m/


Werkwoord: rym
Verlede tyd: het gerym
Teenwoordige deelwoord: rymende

Betekenis:
• 'n Opvallende herhaling van klanke; woorde wat dieselfde klink.
• Verse/ryme maak.
• In ooreenstemming wees.

Gebruik:
• Die woorde rym glad nie. Die woord "pyn" rym met "wyn".
• Hy rym vir sy nuwe versbundel.
• Sy storie rym glad nie.

Vertaling:
Engels: to rhyme; to rhyme; to agree, correspond, tally
Nederlands: rijmen


Selfstandige naamwoord: rym
Meervoud: ryme
Verkleinwoord: rympie
Meervoud van verkleining: rympies

Betekenis:
• 'n Vers waarvan 'n reël eindig met 'n woord wat dieselfde klink as die einde van 'n ander reël.

Gebruik:
• Dit is 'n pragtige rym.

Afgelei:
• kletsrym
• rymdwang
• rymelaar
• rymelary
• rymer
• rymery
• rymklank
• rymkuns
• rymloos
• rymskema
• rymwoord

Vertaling:
Engels: rhyme, verse
Nederlands: rijm

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verwyder
Volgende onderwerp: lap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 18:37:23 MGT 2024