Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dapper
dapper [boodskap #127871] Sa, 28 September 2019 15:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19117
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dapper
Afbreking: dap•per


Byvoeglike naamwoord: dapper
Vergrotende trap: dapperder
Oortreffende trap: dapperste
Attributief: dappere
Intensief: doldapper

Betekenis:
• Nie bang vir gevaar nie; om moedige en heldhaftige dade te doen waarvoor ander nie kans sien nie.

Gebruik:
• Die soldaat het tot op die laaste dapper geveg.
• Die dapper ridder het die prinses gered.
• Die joernalis was dapper om sy mening te lug toe die ander geswyg het.

Spreekwoord:
• Met dapper en stapper. [Te voet.]

Vergelyking:
• So dapper soos 'n leeu.

Sinoniem:
• onbevrees
• moedig
• braaf

Antoniem:
• lafhartig

Afgelei:
• dapperheid

Vertaling:
Engels: brave, courageous
Nederlands: dapper

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dans
Volgende onderwerp: divisie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 20:17:22 MGT 2024