Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sleg
sleg [boodskap #127104] Wo, 17 Julie 2019 10:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18984
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sleg
Afbreking: sleg




Byvoeglike naamwoord: sleg
Vergrotende trap: slegter
Oortreffende trap: slegste
Attributief: slegte
Partitief: slegs
Intensief: hondsleg, vreksleg

Betekenis:
• Waarvan mens nie hou nie; bedorwe of onwelriekend; onaangenaam.
• Van lae kwaliteit.
• Kwaadaardig; kwaadwillend; boos.
• Siek en nie lekker voel nie.

Gebruik:
• Die sop is sleg. Die skoene ruik sleg.
• Die uitvoering was darem nie te sleg nie.
• Daardie stout seun het 'n slegte invloed op jou.
• Sy is huis toe omdat sy sleg voel.

Spreekwoord:
Sleg van goedheid wees. [So goed wees dat dit eintlik 'n ondeug is.]

Sinoniem:
• aaklig
• onaangenaam
• vrot

Antoniem:
• lekker
• goed

Afgelei:
• sleggeaard
• sleggemanierd
• sleggehumeurd
• slegtheid
• slegtigheid

Vertaling:
Engels: bad, foul, grim, evil, poor, rotten
Nederlands: slecht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: jul
Volgende onderwerp:
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 22:23:52 MGT 2024