Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deelteken
deelteken [boodskap #126886] Do, 04 Julie 2019 18:04
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19221
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Deelteken op 'n E.
Deelteken op 'n E.
deelteken
Afbreking: deel•te•ken
Samestelling: deel + teken



Selfstandige naamwoord: deelteken
Meervoud: deeltekens
Verkleinwoord: deeltekentjie
Meervoud van verkleining: deeltekentjies

Betekenis:
• (taalkunde) Leesteken wat 'n klinker (vokaal) van die vorige klinker skei; dui aan dat opeenvolgende klinkers as verskillende klinkers uitgespreek word, en nie as 'n diftong nie.
• (wiskunde) Simbool wat deling aandui (÷ of /).

Gebruik:
• 'n Deelteken verleen 'n ekstra lettergreep aan 'n woord, soos in vroeë, moeë en droë.
• Gebruik die deelteken as jy twee getalle wil deel.

Verwant:
• umlaut

Vertaling:
Engels: diaeresis; division sign
Nederlands: deelteken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rooibok
Volgende onderwerp: koud
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 08:45:15 MGT 2024