Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » las
las [boodskap #126846] Ma, 01 Julie 2019 20:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19117
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Las word met 'n sweismasjien geheg.
'n Las word met 'n sweismasjien geheg.
las
Afbreking: las



Selfstandige naamwoord: las
Meervoud: lasse
Verkleinwoord: lassies
Meervoud van verkleining: lassies

Betekenis:
• Heg- of lasplek; plek waar twee goed aanmekaar vassit is/ vasgesit word.

Gebruik:
• Ons moet die las verf om te keer dat dit roes.

Afgelei:
• sweislas

Vertaling:
Engels: seam, joint, weld
Nederlands: las

'n Donkie met 'n groot las os jy rug.
'n Donkie met 'n groot las os jy rug.

Selfstandige naamwoord: las
Meervoud: laste
Verkleinwoord: lassies
Meervoud van verkleining: lassies

Betekenis:
• Die gewig wat 'n mens of dier moet dra.
• (figuurlik) Iets wat mens nie wil doen nie of wat 'n mens moeilikheid verskaf; verpligtinge; probleme.

Gebruik:
• Die arme donkie moet 'n sware las dra.
• Ek het las van my rug. Sy las het net te groot geraak.

Afgelei:
• lasbrief
• lasdier

Vertaling:
Engels: burden, load, nuisance, trouble
Nederlands: last


Werkwoord: las
Verlede tyd: het gelas
Verlede deelwoord: gelaste

Betekenis:
• Om te heg/verbind; die handeling om twee of meer dele aan mekaar vas te sit.

Gebruik:
• Ons moet die twee pype las.

Vertaling:
Engels: to join, weld
Nederlands: lassen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: frase
Volgende onderwerp: rys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 18:27:05 MGT 2024