Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Voëlvrytoer
Voëlvrytoer [boodskap #60923] Wo, 24 April 2002 04:39 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek kan nie onthou of daar enige dames was wat toentertyd saam met die
alternatiewes getoer het nie;))
Dinge het nogal verander vir die deelnemers.
Springbok Nude Girls bestaan nie meer nie.
Koos Kombuis is nou mooi netjies.
Johannes Kerkorrel het nader na sy etniese bande beweeg.
Valiant Swart sprei sy vlerke in Amerika.

Moet sê daardie lot het nogal 'n geweldige ommekeer veroorsaak in ons
musiek.
Annette
Re: Voëlvrytoer [boodskap #60956 is 'n antwoord op boodskap #60923] Wo, 24 April 2002 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jasper Kok  is tans af-lyn  Jasper Kok
Boodskappe: 22
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:aa5d5k$81pkh$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek kan nie onthou of daar enige dames was wat toentertyd saam met die
> alternatiewes getoer het nie;))
> Dinge het nogal verander vir die deelnemers.
> Springbok Nude Girls bestaan nie meer nie.
> Koos Kombuis is nou mooi netjies.
> Johannes Kerkorrel het nader na sy etniese bande beweeg.
> Valiant Swart sprei sy vlerke in Amerika.
>
> Moet sê daardie lot het nogal 'n geweldige ommekeer veroorsaak in ons
> musiek.
> Annette

Kan iemand 'n nadere toeligting gee oor Johannes Kerkorrel? Ek is baie fan
(is dit 'n woord in Afrikaans?) van hom, maar hier in Nederland is daar baie
weinig informasie oor hom, net as hy wat saam gedoen het met Stef Bos, maar
niets van hom alleen nie. Ek kom hierdie somer (uit onse perspektief, eind
juli en augustus) na SA, en ek wil gaan probeer meer plate van hom te vind,
maar ditsal mieilyk wees as hy nie meer optree nie. En wat het daar gebeur
met Koos Kombuis?

Jasper.
Re: Voëlvrytoer [boodskap #60960 is 'n antwoord op boodskap #60956] Wo, 24 April 2002 15:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
TJ sal jou seker mooi kan lei na Johannes toe Jasper.
Johannes Kerkorrel het onlangs weer 'n CD vrygestel, so moenie bang wees
nie - jy sal genoeg CD's van hom hier in die platewinkels kry.
Koos Kombuis het vrou gevat, pa geword, effe bles geword, en vir ons vertel
hy is nou 'n verantwoordelike gesinsman:))
Hy sing en komponeer nog, maar nie meer so ernstig soos in sy deurmekaardae
nie.

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Jasper Kok skryf in boodskap news:aa6foq$e3h$1@wnnews.sci.kun.nl...
> "Annette" schreef in bericht
> news:aa5d5k$81pkh$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek kan nie onthou of daar enige dames was wat toentertyd saam met die
>> alternatiewes getoer het nie;))
>> Dinge het nogal verander vir die deelnemers.
>> Springbok Nude Girls bestaan nie meer nie.
>> Koos Kombuis is nou mooi netjies.
>> Johannes Kerkorrel het nader na sy etniese bande beweeg.
>> Valiant Swart sprei sy vlerke in Amerika.
>>
>> Moet sê daardie lot het nogal 'n geweldige ommekeer veroorsaak in ons
>> musiek.
>> Annette
>
> Kan iemand 'n nadere toeligting gee oor Johannes Kerkorrel? Ek is baie fan
> (is dit 'n woord in Afrikaans?) van hom, maar hier in Nederland is daar baie
> weinig informasie oor hom, net as hy wat saam gedoen het met Stef Bos, maar
> niets van hom alleen nie. Ek kom hierdie somer (uit onse perspektief, eind
> juli en augustus) na SA, en ek wil gaan probeer meer plate van hom te vind,
> maar ditsal mieilyk wees as hy nie meer optree nie. En wat het daar gebeur
> met Koos Kombuis?
>
> Jasper.
>
http://www.kooskombuis.co.za [boodskap #60977 is 'n antwoord op boodskap #60960] Wo, 24 April 2002 20:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Koos Kombuis het vrou gevat, pa geword, effe bles geword, en vir
ons vertel hy is no u 'n verantwoordelike gesinsman:)) Hy sing en
komponeer nog, maar nie meer so ernstig soos in sy deurmekaardae nie.

Wouter
Hy skryf deesdae ook heelwat loslit-artikels, vir Litnet en ook
op sy eie webbladsye. 'n Versameling daarvan is by
http://www.kooskombuis.co.za/VorigeMenings.htm

Sy kommentaar op die Steve Hofmeyr sage (Moer hom Boetie!) is by
http://www.kooskombuis.co.za/Segoed.htm#Op
Re: Voëlvrytoer [boodskap #61002 is 'n antwoord op boodskap #60960] Do, 25 April 2002 05:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Daar is 'n menigte verwysings vir "Johannes Kerkorrel" via www.google.com

Ek dog "Voëlvrytoer" het te doen met met B Brummel en sy naakbaaier groep.

:-)

TJ
www.artslink.co.za
Re: Voëlvrytoer [boodskap #61003 is 'n antwoord op boodskap #61002] Do, 25 April 2002 05:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Seker dan net die manlike lede van daardie groep:)
TJ, miskien was jy nog te jonk - daar was regtig so 'n toer in 1988 - ek
dink.
Daar is van die kansel teen hierdie verkeerde Afrikaners gepreek, en die
Broederbond, Vrymesselaars, ATKV en FAK het ook nie ter ondersteuning van
hierdie alternatiewe Afrikaanse kunstenaars opgekom nie))
Genadiglik het die snare darem vasgebyt, en ons sit met 'n ryker
verskeidenheid wat deur die groter meerderheid aanvaar word.

Annette

TJ skryf in boodskap news:3cc79072$0$226@hades.is.co.za...
> Daar is 'n menigte verwysings vir "Johannes Kerkorrel" via www.google.com
>
> Ek dog "Voëlvrytoer" het te doen met met B Brummel en sy naakbaaier groep.
>
> :-)
>
> TJ
> www.artslink.co.za
>
Re: Voëlvrytoer [boodskap #61020 is 'n antwoord op boodskap #61003] Do, 25 April 2002 10:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nee, ek het toe al vliegtuie beheer (LVB) (ATC in Engels) by DF Malan, maar
die groep het being in '87:

"Die feit van die saak is dat daar nie werklik 'n genre soos alternatiewe
Afrikaanse musiek bestaan nie. Valiant Swart het tereg opgemerk dat
alternatief geskiedenis is. Hierdie mistasting het sy ontstaan te danke aan
'n beweging wat ek in 1987 aan die gang gesit het, waarna later verwys is as
die Voelvry beweging, of die Alternatiewe Afrikaanse Rockbeweging. Die
beweging het egter 'n natuurlike dood gesterf in Februarie 1990 toe Nelson
Mandela vrygelaat is en SA vorentoe beweeg het na 'n demokrasie. Die primere
doel van die Voelvry beweging was om te help om 'n demokrasie in Suid Afrika
te bewerkstellig. Ons het ons doel bereik, en het in verskillende rigtings
gespat." - Dirk Uys

TJ
www.artslink.co.za
Re: Voëlvrytoer [boodskap #61022 is 'n antwoord op boodskap #61020] Do, 25 April 2002 10:18 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Volgens RSG was daar 'n toer in 1988.
Dankie vir die inligting - interessant - dus was die alternatiewes nooit
regtig alternatief nie?:))
MAAR klink vir my na 'n goeie naam vir 'n beweging.
Voor die alternatiewes kan ek nie onthou dat ons ooit Afrikaanse Rock gehoor
het nie.
Nie eers Neels en sy Boere-orkes het die die vinniger nommertjies byv
Tietiesbaai Rock genoem nie:))

Annette

TJ skryf in boodskap news:3cc7d5cd$0$234@hades.is.co.za...
> Nee, ek het toe al vliegtuie beheer (LVB) (ATC in Engels) by DF Malan, maar
> die groep het being in '87:
>
> "Die feit van die saak is dat daar nie werklik 'n genre soos alternatiewe
> Afrikaanse musiek bestaan nie. Valiant Swart het tereg opgemerk dat
> alternatief geskiedenis is. Hierdie mistasting het sy ontstaan te danke aan
> 'n beweging wat ek in 1987 aan die gang gesit het, waarna later verwys is as
> die Voelvry beweging, of die Alternatiewe Afrikaanse Rockbeweging. Die
> beweging het egter 'n natuurlike dood gesterf in Februarie 1990 toe Nelson
> Mandela vrygelaat is en SA vorentoe beweeg het na 'n demokrasie. Die primere
> doel van die Voelvry beweging was om te help om 'n demokrasie in Suid Afrika
> te bewerkstellig. Ons het ons doel bereik, en het in verskillende rigtings
> gespat." - Dirk Uys
>
>
> TJ
> www.artslink.co.za
>
Vorige onderwerp: Weet Iemand
Volgende onderwerp: Rib
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 05:25:11 MGT 2024