Forum: Woordeboek
Onderwerp: hulde
hulde [boodskap #145197 ]
Do, 09 Mei 2024 13:32
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hulde
Afbreking: hul•de
Selfstandige naamwoord: hulde
Meervoud: –
Betekenis:
• Die bewys van eer of waardering.
Gebruik:
• Die monument bring hulde aan die gestorwe soldate.
Sinoniem:
• eer
• eerbetoon
• lof
• prys
Afgelei:
• huldebetoon
• huldebetuiging
• huldebewys
• huldeblyk
Vertaling:
Engels: homage, tribute, honour
Nederlands: hulde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: pryswenner
pryswenner [boodskap #145196 ]
Do, 09 Mei 2024 12:19
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pryswenner
Afbreking: prys•wen•ner
Samestelling: prys + wenner
Selfstandige naamwoord: pryswenner
Meervoud: pryswenners
Verkleinwoord: pryswennertjie
Meervoud van verkleining: pryswennertjies
Betekenis:
• Iemand wat 'n prys wen.
Gebruik:
• Die pryswenner sal 'n koopbewys ter waarde van R100 ontvang.
Wisselvorm:
• pryswinner
Hiponiem:
• eerstepryswenner
• Nobelpryswenner
Vertaling:
Engels: prize winner
Nederlands: prijswinnaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: skoolkoerant
skoolkoerant [boodskap #145195 ]
Do, 09 Mei 2024 11:11
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skoolkoerant
Afbreking: skool•koe•rant
Samestelling: skool + koerant
Selfstandige naamwoord: skoolkoerant
Meervoud: skoolkoerante
Verkleinwoord: skoolkoerantjie
Meervoud van verkleining: skoolkoerantjies
Betekenis:
• 'n Koerant wat deur 'n skool uitgegee word.
Gebruik:
• 'n Berig is in die skoolkoerant gepubliseer om die nuwe onderwyser aan die ouers en leerders voor te stel.
Sinoniem:
• skoolblad
Vertaling:
Engels: school newspaper
Nederlands: schoolkrant
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: landstaal
landstaal [boodskap #145194 ]
Do, 09 Mei 2024 10:46
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
landstaal
Afbreking: lands•taal
Samestelling: land + -s- + taal
Selfstandige naamwoord: landstaal
Meervoud: landstale
Betekenis:
• Die taal van 'n land (amptelik of as 'n volkstaal).
Gebruik:
• Op 8 Mei 1925 is Afrikaans as 'n amptelike landstaal erken.
Vertaling:
Engels: national language
Nederlands: landstaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: vereer
vereer [boodskap #145193 ]
Do, 09 Mei 2024 10:09
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vereer
Afbreking: ver•eer
Samestelling: ver- + eer
Werkwoord: vereer
Verlede tyd: het vereer
Betekenis:
• Om eer en respek te betoon.
Gebruik:
• Die wetenskaplike is met 'n Nobelprys vir sy baanbrekerswerk in Chemie vereer .
Sinoniem:
• eerbiedig
• hoogag
• huldig
• komplimenteer
• loof
• ophemel
• prys
• respekteer
• verheerlik
Afgelei:
• vereerder
• verering
Vertaling:
Engels: to honour, idolize, grace, reverence, worship
Nederlands: vereren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: hernoem
hernoem [boodskap #145192 ]
Wo, 08 Mei 2024 19:19
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hernoem
Afbreking: her•noem
Samestelling: her- + noem
Werkwoord: hernoem
Verlede tyd: het hernoem
Betekenis:
• Om 'n ander naam te gee.
Gebruik:
• In 2018 is Swaziland amptelik na Eswatini hernoem .
Sinoniem:
• herdoop
• vernoem
Afgelei:
• hernoemde
• hernoeming
Vertaling:
Engels: to rename
Nederlands: hernoemen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: Uganda
Onderwerp: vervolgens
vervolgens [boodskap #145190 ]
Wo, 08 Mei 2024 18:49
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vervolgens
Afbreking: ver•vol•gens
Bywoord: vervolgens
Betekenis:
• In tyd ná dit wat genoem is.
Gebruik:
• Hy het onder luide applous op die verhoog geklim en vervolgens 'n begeesterde toespraak gelewer.
Sinoniem:
• daarna
• hierop
• later
• verder
• voorts
Vertaling:
Engels: subsequently, thereupon, further, then
Nederlands: vervolgens
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: roteer
roteer [boodskap #145189 ]
Wo, 08 Mei 2024 18:38
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
roteer
Afbreking: ro•teer
Werkwoord: roteer
Verlede tyd: het geroteer
Teenwoordige deelwoord: roterend , roterende
Verlede deelwoord: geroteerde
Betekenis:
• Wat om 'n as in die rondte draai.
Gebruik:
• Die aarde roteer elke vier-en-twintig uur om sy as.
Sinoniem:
• draai
• omloop
• swaai
• tol
• tuimel
• wentel
Afgelei:
• rotasie
• roteerder
• roteerrigting
Vertaling:
Engels: to rotate
Nederlands: roteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: samehangend
samehangend [boodskap #145188 ]
Wo, 08 Mei 2024 18:30
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
samehangend
Afbreking: sa•me•han•gend
Samestelling: samehang + -end
Byvoeglike naamwoord: samehangend
Vergrotende trap: samehangender
Oortreffende trap: samehangendste
Attributief: samehangende
Partitief: samehangends
Betekenis:
• Met 'n logiese uitleg en samehang wat 'n geheel vorm.
Gebruik:
• Maak seker dat die inligting objektief, logies en samehangend uiteengesit is.
Sinoniem:
• aaneengeslote
• koherent
• konsekwent
• logies
• rasioneel
• verklaarbaar
• verstaanbaar
Antoniem:
• onsamehangend
Hiponiem:
• sinsamehangend
Afgelei:
• samehangendheid
Vertaling:
Engels: coherent, locally, connected
Nederlands: samenhangend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: Westerling
Westerling [boodskap #145187 ]
Wo, 08 Mei 2024 14:09
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Westerling
Afbreking: Wes•ter•ling
Samestelling: Wes(t) + -er- + -ling
Selfstandige naamwoord: Westerling
Meervoud: Westerlinge
Betekenis:
• 'n Persoon van die tradisioneel Westerse Wêreld (in besonder, Wes-Europa en Noord-Amerika).
Gebruik:
• 'n Suid-Afrikaner, Stan Schmidt, was die eerste Westerling wat 'n goue medalje tydens 'n Japanse karatetoernooi gewen het.
Antoniem:
• Oosterling
Vertaling:
Engels: Westerner
Nederlands: westerling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: futuristies
futuristies [boodskap #145186 ]
Wo, 08 Mei 2024 13:41
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
futuristies
Afbreking: fu•tu•ris•ties
Byvoeglike naamwoord: futuristies
Vergrotende trap: futuristieser
Oortreffende trap: futuristiesste
Attributief: futuristiese
Betekenis:
• Wat baie modern en gevorderd is; asof dit uit die toekoms kom.
Gebruik:
• Die gebou is 'n futuristiese argitektoniese meesterstuk.
Sinoniem:
• gevorderd
• innoverend
• modern
• revolusionêr
• ultramodern
• visioenêr
Antoniem:
• antiek
• oudtyds
Vertaling:
Engels: futuristic
Nederlands: futuristisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: traumatiseer
traumatiseer [boodskap #145185 ]
Wo, 08 Mei 2024 13:17
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
traumatiseer
Afbreking: trau•ma•ti•seer
Samestelling: trauma + -iseer
Werkwoord: traumatiseer
Verlede tyd: het getraumatiseer
Verlede deelwoord: getraumatiseerd
Betekenis:
• Om trauma te veroorsaak; geestelik te verwond.
Gebruik:
• Sosiale media kan 'n mens erg traumatiseer .
Wisselvorm:
• troumatiseer
Vertaling:
Engels: to traumatise
Nederlands: traumatiseren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: uitgangshek
uitgangshek [boodskap #145184 ]
Wo, 08 Mei 2024 12:59
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitgangshek
Afbreking: uit•gangs•hek
Samestelling: uitgang + -s- + hek
Selfstandige naamwoord: uitgangshek
Meervoud: uitgangshekke
Verkleinwoord: uitgangshekkie
Meervoud van verkleining: uitgangshekkies
Betekenis:
• 'n Hek waarby 'n mens uitgaan ('n plek verlaat).
Gebruik:
• Die park se ingangshek sluit om 16:00 en die uitgangshek sluit om 18:00.
Sinoniem:
• uitgangspoort
Antoniem:
• ingangshek
Vertaling:
Engels: exit gate
Nederlands: uitgangspoort
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ingangshek
ingangshek [boodskap #145183 ]
Wo, 08 Mei 2024 12:56
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ingangshek
Afbreking: in•gangs•hek
Samestelling: ingang + -s- + hek
Selfstandige naamwoord: ingangshek
Meervoud: ingangshekke
Verkleinwoord: ingangshekkie
Meervoud van verkleining: ingangshekkies
Betekenis:
• 'n Hek waarby 'n mens ingaan ('n plek betree).
Gebruik:
• Die wildreservaat se ingangshek sluit om 15:00 en die uitgangshek sluit om 17:00.
Sinoniem:
• ingangspoort
• toegangshek
• toegangspoort
Antoniem:
• uitgangshek
Vertaling:
Engels: entrance gate
Nederlands: toegangspoort
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: luisterboek
luisterboek [boodskap #145182 ]
Wo, 08 Mei 2024 12:43
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
luisterboek
Afbreking: lui•ster•boek
Samestelling: luister + boek
Selfstandige naamwoord: luisterboek
Meervoud: luisterboeke
Verkleinwoord: luisterboekie
Meervoud van verkleining: luisterboekies
Betekenis:
• 'n Boek waarvan die teks opgeneem is sodat 'n mens daarna kan luister.
Gebruik:
• 'n Luisterboek is 'n goeie geskenk vir iemand wat blind is, of net nie van lees hou nie.
Sinoniem:
• oudioboek
Vertaling:
Engels: talking book, audio book
Nederlands: luisterboek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: boomstam
boomstam [boodskap #145181 ]
Ma, 06 Mei 2024 18:30
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Boomstam.
boomstam
Afbreking: boom•stam
Samestelling: boom + stam
Selfstandige naamwoord: boomstam
Meervoud: boomstamme
Verkleinwoord: boomstammetjie
Meervoud van verkleining: boomstammetjies
Betekenis:
• Die regop deel van 'n boom tussen die wortels en die takke wat met bas bedek is.
Gebruik:
• 'n Boom se ouderdom kan bepaal word deur die jaarringe in 'n deursnit van 'n boomstam te tel.
Vertaling:
Engels: tree trunk
Nederlands: boomstam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: uitholling
uitholling [boodskap #145180 ]
Ma, 06 Mei 2024 18:17
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitholling
Afbreking: uit•hol•ling
Samestelling: uithol + -ing
Selfstandige naamwoord: uitholling
Meervoud: uithollinge , uithollings
Verkleinwoord: uithollinkie
Meervoud van verkleining: uithollinkies
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van uithol; om die binneste weg te neem, of iets waarvan die binneste weggeneem is.
• (figuurlik ) Eienskappe verwyder sodat net die uiterlike oorbly.
Gebruik:
• Neushoringvoëls maak uithollings in boomstamme waarin die wyfie haar eiers lê.
• Die uitholling van die demokrasie vind so stelselmatig plaas dat mense dit nie werklik agterkom nie.
Sinoniem:
• erodering
• inkerwing
• insnyding
• uitgrawing
• uitkalwing
• verdieping
Vertaling:
Engels: hollowing, excavation
Nederlands: uitholling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: omverwerp
omverwerp [boodskap #145179 ]
Ma, 06 Mei 2024 13:49
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omverwerp
Afbreking: om•ver•werp
Samestelling: omver + werp
Werkwoord: werp omver , omverwerp
Verlede tyd: het omvergewerp
Betekenis:
• Om eenkant (ver weg) te gooi.
• (politiek ) Om 'n einde aan 'n bewind te maak.
Gebruik:
• Die Here werp die trone van die heersers omver .
• Die anargiste het die regering omvergewerp .
Sinoniem:
• platgooi
• omdop
• omgooi
• omvergooi
• vernietig
• verslaan
• verydel
Afgelei:
• omverwerping
Vertaling:
Engels: to overthrow
Nederlands: omverwerpen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: eenpartystaat
eenpartystaat [boodskap #145178 ]
Ma, 06 Mei 2024 12:51
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eenpartystaat
Afbreking: een•pa•rty•staat
Samestelling: een + party + staat
Selfstandige naamwoord: eenpartystaat
Meervoud: eenpartystate
Betekenis:
• 'n Staat met 'n enkele party wat al die mag het en enige opposisie onderdruk.
Gebruik:
• Die Sowjetunie was 'n eenpartystaat wat deur die Kommunistiese Party regeer is.
Vertaling:
Engels: one-party state, single-party state
Nederlands: eenpartijstaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: obsessief
obsessief [boodskap #145177 ]
Ma, 06 Mei 2024 12:09
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
obsessief
Afbreking: ob•ses•sief
Samestelling: obsessie + -ief
Byvoeglike naamwoord: obsessief
Vergrotende trap: obsessiewer
Oortreffende trap: obsessiefste
Attributief: obsessiewe
Partitief: obsessiefs
Betekenis:
• Wat van 'n obsessie getuig; met 'n abnormaal sterk drang of begeerte.
Gebruik:
• Sy het 'n obsessiewe gewoonte om haar hande te was.
• Hy is obsessief , maar darem nog nie obsessief -kompulsief nie.
Sinoniem:
• besete
Afgelei:
• obsessief-kompulsief
Vertaling:
Engels: obsessive
Nederlands: obsessief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: sekretaris-generaal
sekretaris-generaal [boodskap #145176 ]
Ma, 06 Mei 2024 11:37
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sekretaris-generaal
Afbreking: se•kre•ta•ris-ge•ne•raal
Samestelling: sekretaris + generaal
Selfstandige naamwoord: sekretaris-generaal
Meervoud: sekretarisse-generaal
Betekenis:
• 'n Hoë funksionaris binne 'n groot organisasie.
Gebruik:
• Kofi Annan is 'n voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies.
Afgelei:
• oud-sekretaris-generaal
Afkorting:
• sekr.genl.
• SG
Vertaling:
Engels: secretary-general, Secretary General
Nederlands: secretaris-generaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: argieffoto
argieffoto [boodskap #145175 ]
Ma, 06 Mei 2024 10:58
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
argieffoto
Afbreking: ar•gief•fo•to
Samestelling: argief + foto
Selfstandige naamwoord: argieffoto
Meervoud: argieffoto's
Betekenis:
• 'n Ou foto uit die argiewe.
Gebruik:
• Die berig is saam met 'n argieffoto geplaas.
Vertaling:
Engels: archive photo
Nederlands: archieffoto
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: tugverhoor
tugverhoor [boodskap #145174 ]
Ma, 06 Mei 2024 10:27
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tugverhoor
Afbreking: tug•ver•hoor
Samestelling: tug + verhoor
Selfstandige naamwoord: tugverhoor
Meervoud: tugverhore
Betekenis:
• 'n Dissiplinêre verhoor; verhoor in 'n tugsaak.
Gebruik:
• Ná drie skriftelik waarskuwings sal 'n tugverhoor plaasvind om te bepaal of die werker gerehabiliteer of afgedank moet word.
Vertaling:
Engels: disciplinary hearing
Nederlands: tuchtrechtelijke hoorzitting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: afvallig
afvallig [boodskap #145173 ]
Ma, 06 Mei 2024 10:15
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afvallig
Afbreking: af•val•lig
Samestelling: afval + -ig
Byvoeglike naamwoord: afvallig
Vergrotende trap: afvalliger
Oortreffende trap: afvalligste
Attributief: afvallige
Partitief: afvalligs
Betekenis:
• Wat nie getrou of lojaal is nie.
Gebruik:
• In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat. [Matteus 24:10]
Sinoniem:
• afvallend
• apostaat
• dislojaal
• ontrou
• troueloos
• verraderlik
Afgelei:
• afvalliges
• afvalligheid
Vertaling:
Engels: disloyal, unfaithful, renegade, apostate
Nederlands: afvallig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: afwyk
afwyk [boodskap #145172 ]
Ma, 06 Mei 2024 10:07
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afwyk
Afbreking: af•wyk
Samestelling: af + wyk
Werkwoord: afwyk
Verlede tyd: het afgewyk
Teenwoordige deelwoord: afwykend , afwykende
Verlede deelwoord: afgewykte
Betekenis:
• Om 'n ander rigting te kies; 'n ander koers inslaan.
• Om te verskil van wat as normaal of reg aanvaar word.
Gebruik:
• Hou jou toespraak saaklik en moenie van die onderwerp afwyk nie.
• Ons het nie afvallig geword nie en van u pad nie afgewyk nie. [Psalms 44:19]
Sinoniem:
• afdraai
• afdwaal
• deflekteer
• deklineer
• divergeer
• uitdraai
• uiteenloop
Afgelei:
• afwykbaar
• afwyker
• afwykeling
• afwykend
• afwykhoek
• afwyking
• afwykspanning
Vertaling:
Engels: to deviate, diverge, deflect; to differ, disagree
Nederlands: afwijken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: stakend
stakend [boodskap #145171 ]
Ma, 06 Mei 2024 09:12
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stakend
Afbreking: sta•kend
Samestelling: staak + -end
Byvoeglike naamwoord: stakend
Attributief: stakende
Betekenis:
• Wat staak (ophou werk het).
Gebruik:
• Die stakende werkers sal afgedank word.
Vertaling:
Engels: striking
Nederlands: stakend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van staak.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: regsmening
regsmening [boodskap #145170 ]
Ma, 06 Mei 2024 09:08
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
regsmening
Afbreking: regs•me•ning
Samestelling: reg + -s + mening
Selfstandige naamwoord: regsmening
Meervoud: regsmenings
Betekenis:
• Advies aangaande 'n wetlike/geregtelike aangeleentheid.
Gebruik:
• Die maatskappy gaan 'n regsmening inwin oor watter stappe teen die stakende werkers geneem kan word.
Sinoniem:
• regsadvies
Vertaling:
Engels: legal opinion
Nederlands: legale mening, juridisch advies
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: opelyf
opelyf [boodskap #145169 ]
So, 05 Mei 2024 18:19
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opelyf
Afbreking: o•pe•lyf
Samestelling: oop + -e + lyf
Selfstandige naamwoord: opelyf
Meervoud: –
Betekenis:
• Toestand waar iemand gereeld ontlas, of dalk te gereeld, soos met buikloop.
Gebruik:
• As jy minder as drie keer per week opelyf het, ly jy waarskynlik aan hardlywigheid.
Vertaling:
Engels: bowel‐movement, bowel‐action
Nederlands: stoelgang
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: verkoel
verkoel [boodskap #145168 ]
Sa, 04 Mei 2024 19:23
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verkoel
Afbreking: ver•koel
Samestelling: ver- + koel
Werkwoord: verkoel
Verlede tyd: het verkoel
Betekenis:
• Om koeler/kouer te maak.
Gebruik:
• Verkoel in die yskas en bedien koud.
Antoniem:
• verhit
• verwarm
Hiponiem:
• lugverkoel
Afgelei:
• verkoelde
• verkoelend
• verkoeler
• verkoeling
Vertaling:
Engels: to cool down
Nederlands: verkoelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: roker
roker [boodskap #145167 ]
Sa, 04 Mei 2024 19:00
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
roker
Afbreking: ro•ker
Samestelling: rook + -er
Selfstandige naamwoord: roker
Meervoud: rokers
Verkleinwoord: rokertjie
Meervoud van verkleining: rokertjies
Betekenis:
• Iemand wat tabakware of dwelms rook.
• Toestel waarin kos gerook word.
Gebruik:
• Rokers moet buite die gebou gaan rook.
• Plaas die snoek in die roker en maak dit dig toe.
Antoniem:
• nie-roker
Hiponiem:
• daggaroker
• kettingroker
• opiumroker
• sigaarroker
• sigaretroker
Afgelei:
• rokerig
• rokershart
• rokery
Vertaling:
Engels: smoker
Nederlands: roker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: aansteker
aansteker [boodskap #145166 ]
Sa, 04 Mei 2024 18:49
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aansteker
Afbreking: aan•ste•ker
Samestelling: aansteek + -er
Selfstandige naamwoord: aansteker
Meervoud: aanstekers
Verkleinwoord: aanstekertjie
Meervoud van verkleining: aanstekertjies
Betekenis:
• Apparaat om vuur te maak, of iemand wat 'n vuur begin.
Gebruik:
• Die roker wil 'n sigaret opsteek, maar sy aansteker se gas is op.
Hiponiem:
• gasaansteker
• lontaansteker
• sigaretaansteker
• vuuraansteker
Vertaling:
Engels: lighter, ignitor
Nederlands: aansteker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: termies
termies [boodskap #145165 ]
Sa, 04 Mei 2024 18:31
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
termies
Afbreking: ter•mies
Byvoeglike naamwoord: termies
Attributief: termiese
Betekenis:
• Wat op warmte betrekking het.
Gebruik:
• Yster is 'n goeie termiese geleier.
Hiponiem:
• eksotermies
• endotermies
• geotermies
• isotermies
Vertaling:
Engels: thermal, thermally
Nederlands: thermisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bederfbaar
bederfbaar [boodskap #145164 ]
Sa, 04 Mei 2024 18:09
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bederfbaar
Afbreking: be•derf•baar
Samestelling: bederf + -baar
Byvoeglike naamwoord: bederfbaar
Vergrotende trap: bederfbaarder
Oortreffende trap: bederfbaarste
Attributief: bederfbare
Partitief: bederfbaars
Betekenis:
• Wat kan bederf (vrot word).
Gebruik:
• Melk, botter en kaas is bederfbare produkte.
Sinoniem:
• bederflik
• verbygaande
• verderflik
• verganklik
• verwelkbaar
Afgelei:
• bederfbaarheid
Vertaling:
Engels: perishable
Nederlands: bederfbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: koelboks
koelboks [boodskap #145163 ]
Sa, 04 Mei 2024 18:04
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Koelboks.
koelboks
Afbreking: koel•boks
Samestelling: koel + boks
Selfstandige naamwoord: koelboks
Meervoud: koelbokse
Verkleinwoord: koelboksie
Meervoud van verkleining: koelboksies
Betekenis:
• 'n Draagbare boks wat termies geïsoleer is om bederfbare produkte koud te hou.
Gebruik:
• 'n Koelboks wat volgepak is, bly langer koud as een wat halfvol is.
Sinoniem:
• koelhouer
Vertaling:
Engels: cooler, cool box
Nederlands: koelbox, koeler
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: roller
roller [boodskap #145162 ]
Sa, 04 Mei 2024 10:58
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
roller
Afbreking: rol•ler
Samestelling: rol + -er
Selfstandige naamwoord: roller
Meervoud: rollers
Verkleinwoord: rollertjie
Meervoud van verkleining: rollertjies
Betekenis:
• 'n Silindriese voorwerp waarmee iets plat gemaak of eweredig versprei word.
Gebruik:
• Die kolfblad word met 'n roller voorberei.
Hiponiem:
• bladroller
• deegroller
• katelroller
• koekroller
• pootrollertjie
• sakkeroller
• stoomroller
Afgelei:
• rollermeul
Vertaling:
Engels: roller
Nederlands: roller
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ideologies
ideologies [boodskap #145161 ]
Vr, 03 Mei 2024 18:00
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ideologies
Afbreking: i•deo•lo•gies
Samestelling: ideologie + -s
Byvoeglike naamwoord: ideologies
Attributief: ideologiese
Betekenis:
• Betreffende of volgens 'n bepaalde leerstelsel/ideologie.
Gebruik:
• Daar is groot ideologiese verskille tussen die twee partye.
Vertaling:
Engels: ideological
Nederlands: ideologisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gepantserd
gepantserd [boodskap #145160 ]
Vr, 03 Mei 2024 16:40
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gepantserd
Afbreking: ge•pant•serd
Samestelling: ge- + pantser + -d
Byvoeglike naamwoord: gepantser , gepantserd
Attributief: gepantserde
Betekenis:
• Wat met pantser ('n harnas) beskerm is.
Gebruik:
• Die soldate word in 'n gepantserde troepewa na die slagveld ontplooi.
Sinoniem:
• geharnas
Vertaling:
Engels: armored, armoured
Nederlands: gepantserd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kanonvoer
kanonvoer [boodskap #145159 ]
Vr, 03 Mei 2024 14:53
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kanonvoer
Afbreking: ka•non•voer
Samestelling: kanon + voer
Selfstandige naamwoord: kanonvoer
Meervoud: –
Betekenis:
• Soldate wat op die slagveld opgeoffer word om 'n groter doel te bereik.
Gebruik:
• Soldate word as kanonvoer in die loopgrawe ontplooi om die vyand se artillerie te ontbloot.
Vertaling:
Engels: cannon fodder
Nederlands: kanonnenvoer, kanonnenvlees
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: artillerie
artillerie [boodskap #145158 ]
Vr, 03 Mei 2024 14:44
Leksikograaf
Boodskappe: 18974Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
artillerie
Afbreking: ar•til•le•rie
Selfstandige naamwoord: artillerie
Meervoud: artillerieë
Betekenis:
• Afdeling van 'n leër wat vuursteun aan eie troepe gee (soos boogskutters van ouds), of die wapens wat hulle gebruik (o.a. kanonne, missiele, ens.)
Gebruik:
• Soldate word as kanonvoer in die loopgrawe ontplooi om die vyand se artillerie te ontbloot.
Sinoniem:
• grofgeskut
• kanongeskut
Hiponiem:
• marineartillerie
• veldartillerie
• vestingartillerie
Afgelei:
• artillerie-offisier
• artilleriekaserne
• artillerieskool
• artilleriekorps
• artillerieskool
• artillerietrein
• artillerievuur
Verwant:
• artilleris
Afkorting:
• art.
Vertaling:
Engels: artillery
Nederlands: artillerie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.