Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: ooreenstemmend
ooreenstemmend [boodskap #145485] Vr, 07 Junie 2024 15:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ooreenstemmend
Afbreking: oor•een•stem•mend
Samestelling: ooreenstem + -end


Byvoeglike naamwoord: ooreenstemmend
Attributief: ooreenstemmende

Betekenis:
• Wat met iets anders ooreenstem; bypassend is.

Gebruik:
• Vir elke telgetal (behalwe vir die getal 0) is daar 'n ooreenstemmende negatiewe getal.

Sinoniem:
• eenders
• gelykvormig
• saamvallend
• simmetries
• soortgelyk

Antoniem:
• afwykend
• nie-ooreenstemmend

Vertaling:
Engels: matching, corresponding
Nederlands: overeenstemmend, overeenkomend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 07 Junie 2024 16:59]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: grondbeginsel
grondbeginsel [boodskap #145484] Vr, 07 Junie 2024 14:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grondbeginsel
Afbreking: grond•be•gin•sel
Samestelling: grond + beginsel


Selfstandige naamwoord: grondbeginsel
Meervoud: grondbeginsels

Betekenis:
• 'n Basiese beginsel was as reël aangeneem is.

Gebruik:
• Die vermoede van onskuld of onskuldpresumpsie is 'n grondbeginsel van die strafreg.

Sinoniem:
• aanname
• aksioom
• basis
• grondreël
• grondslag
• grondstelling
• hoofbeginsel

Vertaling:
Engels: basic principle, first principle, foundational law
Nederlands: grondbeginsel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vakgebied
vakgebied [boodskap #145483] Vr, 07 Junie 2024 14:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vakgebied
Afbreking: vak•ge•bied
Samestelling: vak + gebied


Selfstandige naamwoord: vakgebied
Meervoud: vakgebiede

Betekenis:
• 'n Geheel van kennis en vaardighede waarin iemand kan spesialiseer, studeer of navorsing doen.

Gebruik:
• Biologie is die vakgebied wat lewe en lewende organismes bestudeer.

Sinoniem:
• beroepsveld
• dissipline
• navorsingsgebied
• navorsingsveld
• spesialisasie
• studievak
• spesialiteit
• studiegebied
• studierigting
• vakrigting

Vertaling:
Engels: field, specialism, domain
Nederlands: vakgebied

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: taalkommissie
taalkommissie [boodskap #145482] Vr, 07 Junie 2024 14:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
taalkommissie
Afbreking: taal•kom•mis•sie
Samestelling: taal + kommissie


Selfstandige naamwoord: taalkommissie
Meervoud: taalkommissies

Betekenis:
• Liggaam wat in die lewe geroep is om 'n taal te standaardiseer en taalreëls op te stel.

Gebruik:
• Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls word deur die Afrikaanse Taalkommissie opgestel.

Vertaling:
Engels: language commission
Nederlands: taalcommissie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: agste
agste [boodskap #145481] Vr, 07 Junie 2024 13:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
agste
Afbreking: ag•ste


Rangtelwoord: agste

Betekenis:
• Rangtelwoord van die hooftelwoord ag (8). Nommer ag in 'n ry of gedeel deur ag.

Gebruik:
• Hy het agste in die kompetisie geëindig.

Wisselvorm:
• agtste

Afkorting:
• 8ste
• 8e

Afgelei:
• agsteman

Vertaling:
Engels: eighth
Nederlands: achtste

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: skutblaar
skutblaar [boodskap #145480] Vr, 07 Junie 2024 12:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skutblare word aangedui.
Skutblare word aangedui.
skutblaar
Afbreking: skut•blaar
Samestelling: skut + blaar


Selfstandige naamwoord: skutblaar
Meervoud: skutblare
Verkleinwoord: skutblaartjie
Meervoud van verkleining: skutblaartjies

Betekenis:
• 'n Gewysigde blaar onder 'n blom in die blom se oksel.

Gebruik:
• Die bougainvillea het groot, helderkleurige skutblare wat die kleiner, minder kleurryke blomme omring.

Sinoniem:
• skutblad
• okselblaar

Afgelei:
• skutblaardraend

Vertaling:
Engels: bract
Nederlands: schutblad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: skutblad
skutblad [boodskap #145479] Vr, 07 Junie 2024 12:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skutblad
Afbreking: skut•blad
Samestelling: skut + blad


Selfstandige naamwoord: skutblad
Meervoud: skutblaaie

Betekenis:
• 'n Leë, beskermende vel papier aan die binnekant van 'n boekband.
• 'n Gewysigde blaar onder 'n blom in die blom se oksel.

Gebruik:
• Die boek se skutblad is geskeur.
• Die bougainvillea het groot, helderkleurige skutblaaie wat die kleiner, minder kleurryke blomme omring.

Sinoniem:
• dekblad
• okselblaar
• skutblaar

Vertaling:
Engels: flyleaf; bract
Nederlands: schutblad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: titelblad
titelblad [boodskap #145478] Vr, 07 Junie 2024 10:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
titelblad
Afbreking: ti•tel•blad
Samestelling: titel + blad


Selfstandige naamwoord: titelblad
Meervoud: titelblaaie

Betekenis:
• 'n Bladsy wat die titel van 'n boek of ander geskrif aandui.

Gebruik:
• Die titelblad dui ook gewoonlik die outeur, uitgewer en datum van publikasie aan.

Sinoniem:
• titelbladsy
• titelpagina

Vertaling:
Engels: title page
Nederlands: titelblad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: taalversorging
taalversorging [boodskap #145477] Vr, 07 Junie 2024 09:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
taalversorging
Afbreking: taal•ver•sor•ging
Samestelling: taal + versorging


Selfstandige naamwoord: taalversorging
Meervoud:

Betekenis:
• Die versorging van taal om te verseker dat dit keurig en foutloos gebruik word.

Gebruik:
• Die berig se keurige taalgebruik en onberispelike taalversorging val 'n mens dadelik op.

Sinoniem:
• hersiening
• herskrywing
• korreksie
• redigering

Vertaling:
Engels: language correction and improvement
Nederlands: taalverzorging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: prestige
prestige [boodskap #145476] Vr, 07 Junie 2024 09:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
prestige
Afbreking: pre•sti•ge


Selfstandige naamwoord: prestige
Meervoud:

Betekenis:
• Eer wat deur prestasie verwerf is; sedelike aansien.

Gebruik:
• Met Dawid se prestige groei Saul se agterdog en hy beplan Dawid se dood.

Sinoniem:
• aansien
• agting
• belangrikheid
• beroemdheid
• faam
• gesag
• glorie
• grootsheid
• invloed
• reputasie
• respek
• status
• statuur
• verhewenheid
• vermaardheid
• vernaamheid

Afgelei:
• prestigepos
• prestigeprys
• prestigeryk
• prestigesoeker
• prestigewaarde

Vertaling:
Engels: prestige
Nederlands: prestige

Nota:
• Soms ook as b.nw. gebruik, waarskynlik onder invloed van Engels.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: keurig
keurig [boodskap #145475] Vr, 07 Junie 2024 07:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
keurig
Afbreking: keu•rig
Samestelling: keur + -ig


Byvoeglike naamwoord: keurig
Vergrotende trap: keuriger
Oortreffende trap: keurigste
Attributief: keurige
Partitief: keurigs

Betekenis:
• Wat goed versorg is, of van goeie smaak getuig; reg uitgesoek/ gekeur.

Gebruik:
• Die artikel se keurige taalgebruik en onberispelike taalversorging het my dadelik opgeval.

Sinoniem:
• beskaafd
• betaamlik
• elegant
• fatsoenlik
• gepas
• knap
• kunssinnig
• mooi
• netjies
• pragtig
• smaakvol
• versorg

Afgelei:
• keurigheid

Vertaling:
Engels: exquisite, proper, decorous
Nederlands: keurig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Vr Jun 07 17:30:29 MGT 2024