Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Rugby Wêreldbeker 2023
Rugby Wêreldbeker 2023 [boodskap #143117] Sa, 09 September 2023 15:53
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Belangrike boodskap aan alle vroue, meisies en metgeselle:

Die 8ste September is dit die begin van die 'Wêreldbeker Rugby' reeks van 2023. Tydens hierdie belangrike gebeurtenis is daar 'n paar dinge wat jy / julle moet weet en verstaan:

1. As jy 'n 'Mmmm' hoor na 'n vraag wat jy gevra het, beteken dit: "Gaan, en geniet dit, moenie die kar stamp nie, en moenie meer as R500 spandeer nie. Bring klam biltong met 'n vetjie, tesame met 12 koue biere, 'n pak tjips, rump steak, wors (bykos), skaaptjops (bykos) en charcoal saam."

2. Skuif vroegtydig die meubels sodat jy nie tussen die rugby-kenner en die TV-stel verby beweeg nie. Om dit poedelnakend te doen gaan geen verskil maak nie. Jy weet mos nou al.

3. Halftyd en beseringstyd is bedoel dat die man 'n draai kan loop. Moenie dan kom met onbenullige vrae soos: "Moet daar water by die plafon uitdrup?" of "Moet daar vlamme by die Kuga se dashboard uitkom?" Los dit tot ná die "game". Asseblief!

4. Hou jou opruim-gedagtes vir ná die wedstryd.

Baie dankie by voorbaat vir julle samewerking, dames. Ons is lief vir julle. Julle lyk mooi in daai nuwe rok en nee, niemand moet skielik kom kuier nie. Sien julle weer raak in Desember as die rugby "replays" boring raak.

Vriendelike groete.
Die manne.
Vorige onderwerp: Ashwin Willemse storm uit SuperSport-ateljee
Volgende onderwerp: Rugbyterme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:49:29 MGT 2024