Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die storie van 'n voëltjie, 'n koei en 'n kat

Sa, 25 Mei 2024 20:31

'n Klein voëltjie verdwaal in die koue en val doodmoeg op die grond neer. Dis yskoud en die voëltjie dink dis sekerlik die einde.

Net toe loop 'n koei verby en skyt op die voëltjie. Die voëltjie dink, wat kan dan nog erger, maar die warm mis ontvries die voëltjie en hy begin beter voel.

'n Kat wat verbyloop hoor die voëltjie en grou hom uit. Die voëltjie dink hy is gered en raak so opgewonde dat hy onbeheers begin tjirp en dans. Net daar gryp die kat die voëltjie en vreet hom op.

Die moraal van die storie:
1. Nie almal wat op jou kop skyt is jou vyand nie.
2. Nie almal wat jou uit die stront kry is jou vriend nie.
3. As jy in die poef is, hou jou snater toe.

Humor & grappe | 0 kommentare

Die verskil tussen kwaad en woedend

Sa, 25 Mei 2024 20:09

Koos se laaitie sukkel met sy huiswerk.

"Pa" vra hy, "Wat is die verskil tussen ‘kwaad’ en ‘woedend’?"
"Kom ek wys jou" sê Koos. Hy tel die telefoon op en druk sommer 'n paar nommers.
"Hallo," antwoord 'n stem aan die ander kant.
"Hallo," sê Koos, "Is Johannes daar?"
"Nee," antwoord die stem aan die ander kant. "Ek stel voor u gaan u nommer na."
"Sien jy," sê Koos vir sy seun. "Daai oom is glad nie in sy noppies met my nie. Hou dop wat nou gebeur."

Koos skakel weer dieselfde nommer.
"Hallo, is Johannes daar?"
"Luister hier," antwoord die man vies. "Ek het mos gesê hier is nie 'n Johannes nie! Hoe durf jy weer die nommer bel!"
"Het jy dit gehoor?" vra Koos vir sy laaitie. "Dit was ‘kwaad’. Nou gaan ek jou wys hoe lyk woedend."

Koos skakel weer die nommer.
Toe die man antwoord sê Koos: "Hallo! Dis Johannes hier. Was daar enige oproepe vir my?"

Humor & grappe | 0 kommentare

Skoonmaker help die dokter

So, 07 Januarie 2024 10:52

Koos werk by 'n dokter as 'n skoonmaker.
Dokter vra Koos moet 'n ogie oor sy pasiënte hou want hy moet uitgaan.
Volgende dag vra Dokter vir Koos: "en hoe het dit gegaan?"
Koos: "Daar was 3 pasiënte. Een het gehoes en ek het hom Benylin gegee."
Dokter: "Goed so Koos, en die ander?"
Koos: "Die ander pasiënt het gekla oor allergieë en ek het hom Allergex gegee."
Dokter: "En die laaste pasiënt?"
Koos: "Dit was 'n vrou, sy het ingekom, kaal uitgetrek en op die ondersoektafel gaan lê en gesê, "ek het vier jaar laas 'n man gesien".
Dokter: "O, hell Koos en wat doen jy toe?"
Koos: "Toe gooi ek oogdruppels in haar oë!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Bernice West - Lyfie

Ma, 20 November 2023 08:28

Hier is 'n lekker video om die Maandag op te vrolik.

Op my dag was dit sonde om so te dans, maar deesdae is sommige NG Kerke selfs erger as die eertydse Happy Clappies.

Musiek & liriek | 1 kommentaar

Koöperasiestories

Sa, 18 November 2023 19:52

Koöperasiestories is nou beskikbaar op https://afriforum.tv/, asook op die AfriforumTV toep.
Intekenare kan die skreeusnaakse storie (en talle ander programme) gratis op dié stromingsdiens kyk.
As jy 'n Android TV het, kan jy die toep direk op jou TV installeer.

TV, flieks & vermaak | 0 kommentare

Rugby Wêreldbeker 2023

Sa, 09 September 2023 15:53

Belangrike boodskap aan alle vroue, meisies en metgeselle:

Die 8ste September is dit die begin van die 'Wêreldbeker Rugby' reeks van 2023. Tydens hierdie belangrike gebeurtenis is daar 'n paar dinge wat jy / julle moet weet en verstaan:

1. As jy 'n 'Mmmm' hoor na 'n vraag wat jy gevra het, beteken dit: "Gaan, en geniet dit, moenie die kar stamp nie, en moenie meer as R500 spandeer nie. Bring klam biltong met 'n vetjie, tesame met 12 koue biere, 'n pak tjips, rump steak, wors (bykos), skaaptjops (bykos) en charcoal saam."

2. Skuif vroegtydig die meubels sodat jy nie tussen die rugby-kenner en die TV-stel verby beweeg nie. Om dit poedelnakend te doen gaan geen verskil maak nie. Jy weet mos nou al.

3. Halftyd en beseringstyd is bedoel dat die man 'n draai kan loop. Moenie dan kom met onbenullige vrae soos: "Moet daar water by die plafon uitdrup?" of "Moet daar vlamme by die Kuga se dashboard uitkom?" Los dit tot ná die "game". Asseblief!

4. Hou jou opruim-gedagtes vir ná die wedstryd.

Baie dankie by voorbaat vir julle samewerking, dames. Ons is lief vir julle. Julle lyk mooi in daai nuwe rok en nee, niemand moet skielik kom kuier nie. Sien julle weer raak in Desember as die rugby "replays" boring raak.

Vriendelike groete.
Die manne.

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Hoe weet jy jy kom van Brakpan af?

Do, 24 Augustus 2023 09:19

Hier is 'n paar maniere om te weet jy is van Brakpan af:

1. Die Halloween-pampoen op jou stoep het meer tande as jou cherry.

2. Jy laat jou 12 jarige dogter toe om voor haar kinders te rook.

3. Jy is al drie keer getroud, maar jou skoonouers bly dieselfde.

4. Die grootste dorp wat jy al besoek het is Liquour City.

5. Jou bure dink jy is 'n speurder, want die polisie bring jou altyd huis toe.

6. Jou karre word nooit gesteel nie, wat daar is twee karwagte in jou huisgesin.

Humor & grappe | 0 kommentare

Huishulp

So, 16 Julie 2023 07:06

Pa roep die huisgesin nader en kla oor die telefoonrekening.
"Dis nie ek nie" sê hy, "want ek bel van die werk af."
"Dis ook nie ek nie", sê die ma, "want ek bel ook van die werk af."
"Ek weet nie waaroor die bohaai is nie" sê die huishulp, "want ek bel ook van die werk af!"

Humor & grappe | 1 kommentaar

Ou ooms met jong vrouens

So, 04 Junie 2023 20:14

89-jarige man: "Kan jy glo Dok, my 20-jarige vrou is swanger. Ek het dit nog!"

Dokter: "Kom ek vertel jou 'n storie. 'n Jagter loop in die veld en 'n leeu bestorm hom.
  Hy gryp sy sambreel, mik na die leeu, druk die knoppie, die sambreel maak oop
  en die leeu val morsdood neer!
"

89-jarige man: "Onmoontlik, iemand moes die leeu geskiet het!"

Dokter: "Presies!!!"

Humor & grappe | 1 kommentaar

"Soet is die Stryd" deur ID du Plessis

Ma, 20 Februarie 2023 18:48

SOET IS DIE STRYD
I.D. du Plessis

Jy sê die stryd is verlore,
Ons nasie te arm en klein,
Ons taal uit 'n drang gebore
Wat een van die dae verdwyn?
My broer, dit mag heeltemal waar wees.
Wie weet wat die toekoms gaan baar?
Miskien moet ons oormôre klaar wees.
Om weer hierdie droom te laat vaar;
Maar as ons net altyd moet strewe
Na wat tot oorwinning gaan lei,
Wat baat dan die stryd van die lewe
Waarin ons onseker moet bly?
Solank jou bedoelings maar goed is,
Gaan jy jou oor neerlae kwel?
Solank jy volhard en vol moed is -
Dis tog die probeerslag wat tel!
Nee, soet is die stryd vir die stryer,
Al moet hy uiteindelik verloor;
Maar die man wat sy deelname weier,
Is die man wat sy nasie vermoor.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1842): [1  2  3  4  5  6  7  8  9  10  11  12  13  14  15    »]
Tyd nou: So Jun 09 09:43:00 MGT 2024